Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Die Verhaal van Lewe & die Omgewing: 'n Afrika Perspektief

BookBucks Review and collect 20 points.

Die boek handel oor die brose wonder van lewe. Dit is 'n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid; die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring en van die natuur se veerkragtigheid.

Sign up for price alert
Only 1 left

Availability: In stock

ZAR80.00

Details

Die verhaal van lewe & die omgewing – ’n Afrika-perspektief handel oor die brose wonder van lewe. Dit is ’n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid – die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring – en van die natuur se veerkragtigheid. Dit vertel van die drie hoofekostelsels: varswater, oseane en land, en al die lewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en die eindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkings toeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk. En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika, en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teen ons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsverandering wat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputting van hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanning en bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade te herstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en die omgewing in Afrika.

Additional Info

Author Jo van As; Johann du Preez; Leslie Brown; Nico Smit
Publisher Struik Publishers
Place Cape Town
Year 2013
ISBN 9781770075863
Binding Paperback
Condition As New
Comments Volkleur.

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.