Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Koors

BookBucks Review and collect 20 points.
Die Koors het byna almal gevat. Maar nie 13 jaar oue Nico Storm en sy pa nie. Wanneer hulle ’n nuwe samelewing vestig met ’n groep swerflinge – en dit Amanzi doop – is die dorpsmense gou verdeeld, en verdediging teen die plunderende motorfietsbendes raak al moeiliker. Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi. In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa.
Sign up for price alert Sign up to get notified when this product is back in stock

Availability: Out of stock

ZAR120.00

Details

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi … In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Additional Info

Author Deon Meyer
Publisher Human & Rousseau
Place Cape Town
Year 2016
ISBN 9780798173858
Binding Paperback
Condition Good

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.