Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Isabelle

BookBucks Review and collect 20 points.
Isabelle is ʼn opstêrs Ierse gravinnetjie met ʼn passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou.
En des te meer toe sy op ʼn bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Sign up for price alert Sign up to get notified when this product is back in stock

Availability: Out of stock

ZAR40.00

Details

Hul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik – sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner.

Op Orange Hall moet hulle mekaar verduur. En al probeer Isabelle hoe hard om hom te vermy, is Arendt de Leeuw oral … met sy verpestelike grys verf in haar ateljee, met sy groot lyf in die kleigat, met sy slim hand in haar stillewes.

Agter haar hovaardige houding knak Isabelle mettertyd, swig sy voor die man met die terg op sy tong, die spot in sy oë.

Maar Arendt weet – hy moet ’n leeftyd binne ’n paar weke leef, haar ’n herinnering maak, sonder dat sy ook seerkry, want hy het net enkele maande oor.

Additional Info

Author Chanette Paul
Publisher Lapa
Place Pretoria
Year 2011
ISBN 9780799351521
Binding Paperback
Condition Very Good

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.