Selling online since 2008!

Welcome to BooksAgain!

Die Bose Begin ('n Reeks Ongelukkige Gebeure #1)

BookBucks Review and collect 20 points.
Die boek vertel van die drie Baudelaire-kinders, Violetta, Klaus en die baba Sonneblom. In Die bose begin - boek een - begin hul teëspoed toe 'n enorme brand hul welgestelde ouers se herehuis verteer, en hul ouers daarmee saam. Vir die kinders was dit die bose begin van vele ongelukkige wedervarings.
Sign up for price alert Sign up to get notified when this product is back in stock

Availability: Out of stock

ZAR24.00

Details

Die boek vertel van die drie Baudelaire-kinders, Violetta, Klaus en die baba Sonneblom. Violetta is 'n uitvinder, Klaus is dol op lees. En hoewel hy maar 12 is, het hy al meer boeke gelees as baie mense in 'n leeftyd. Sonneblom is 'n peuter, sy praat brabbeltaal en byt baie graag met haar besonder skerp tande. Dit is drie oopkop, wakker en intelligente kinders. In Die bose begin - boek een begin hul teëspoed toe 'n enorme brand hul welgestelde ouers se herehuis verteer, en hul ouers daarmee saam. Vir die kinders was dit die bose begin van vele ongelukkige wedervarings. Ná die brand word hulle gestuur om by 'n veraf verwante familielid, hertog Olaf, te gaan woon, net om uit te vind dat hy beplan om hulle dood te maak sodat hy sy hand op hul fortuin kan lê. Olaf is die leier van 'n toneelgeselskap en sy mede-akteurs en aktrises is altyd bereid om hom met sy bose planne by te staan. Hulle is 'n skrikwekkende klomp. Daar is een met 'n kaalkop en 'n lang neus wat altyd 'n swart manel dra. Daar is twee vroumense met spierwit poeier op hul gesigte, hulle is die superblekes. Daar is 'n reusagtige een wat nie na 'n man of vrou lyk nie, die kinders het hom tannie Oom gedoop. Les bes is daar ou kromklou, die skrikwekkendste van almal, 'n man met twee hake in plaas van hande. Gaan Olaf se planne misluk of slaag?

Additional Info

Author Lemony Snicket
Publisher Human & Rousseau
Place London
Year 2004
ISBN 9780798143684
Binding Paperback
Condition As New

Write Your Own Review

Only registered users can write reviews. Please, log in or register

Tags

Use spaces to separate tags. Use single quotes (') for phrases.